Tien mees spookagtige plekke in Suid-Afrika

Hierdie geskiedkunde plekke is eg Suid-Afrikaans en beslis ’n moet om te besoek

Tien mees spookagtige plekke in Suid-Afrika

Tien mees spookagtige plekke in Suid-Afrika

Suid-Afrika krioel van geskiedkundige plekke en meeste van hierdie plekke het ook paranormale aktiwiteite.

Hier is die top tien van Suid-Afrika wat beslis die moeite werd is om besigtig te word.

LEES OOK: Moordenaar se hang-dood in Botswana uitgevoer

1.  Uniondale

Maria Roux en haar verloofde is in 1968 net buite Uniondale in ’n motorongeluk oorlede. Baie stories is hieraan gekoppel, onder andere dat Maria ryloop en sodra jy haar oplaai, ruik jou kar soos appels. Die oomblik wat jy wegtrek, verdwyn sy.

2.  Kasteel van Goeie Hoop

Lady Anne Barnard het in die 1800’s in hierdie kasteel gebly. Sy was ’n sosiale vlinder, kunstenaar en skrywer. Sy was die skrywer van Die Ballade van Auld Robin Grey. Sy is op 6 Mei 1825 oorlede. Daar is beweer dat sy een van die spoke is wat hier ronddwaal. Daar is ook ’n soldaat wat homself in die kloktoring gehang het en ook soldate wat op die gronde marsjeer.

3.  Smuts-huis, Irene

Alhoewel Jan Smuts hier gewoon het, is dit die gesin wat voor hom daar gewoon het, wat nie tot ruste kan kom nie.  Smuts se vrou het beweer dat daar ’n ou man die gange ronddwaal.

4.  Matjiesfontein

Daar is verskeie areas by Matjiesfontein waar dit spook, maar die interessantste plek is die Lord Milner-hotel, meer spesifiek, Kate se kaartkamer.

Kate was ’n verpleegster in die oorlogtyd en haar tydverdryf met haar pasiënte was om met hulle kaart te speel. Gaste en besoekers hoor gereeld hoe Kate die kaarte skommel.

5.  Kempton Park-hospitaal

Hierdie hospitaal is in 26 Desember 1996 toegemaak. Alhoewel van die toerusting uit hierdie hospitaal verwyder is, is meeste van dit steeds daar. Al die pasiënte se lêers is ook steeds daar. Daar word beweer dat dit veral spoke van die psigiatriese saal is wat ondeund is.

6.  Die Karoo- nasionale park

Werkers sê daar is ’n toeloop van waterspoke. Hierdie geeste lok blykbaar die diere in die rivier in waar hulle verdrink.

7.  Fort Frederick 

Fort Frederick was die eerste permanente struktuur in Port Elizabeth. Die spoke wat hier ronddwaal, is blykbaar baie pret. Hulle is van die teatersoort en bied selfs hul eie toneelstukke aan.

8.  Ou Presidentskap in Bloemfontein

Die area wat hier die meeste paranormale aktiwiteite het, is die stalle. Jy kan gereeld hoor hoe die perdekarre verskuif word. Daar is ook ’n hond wat blaf en skoolkinders wat buite rondspeel.

9.  Die vlieënde Hollandse spookskip by Kaappunt

Hierdie skip was in 1641 in ’n enorme storm, maar die kaptein het geweier om om te draai. Daar was geen oorlewendes op hierdie skip nie. 

10.  Nottingham Road-hotel in Kwazulu-Natal

Charlotte het in kamer 10 in hierdie hotel gebly. Daar was sprake daarvan dat sy ’n prostituut was. Sy het haar hart op ’n Britse soldaat verloor. Niemand is seker hoe sy tot sterwe gekom het nie, maar daar word wel bespiegel dat sy doodgemaak is deur ’n kliënt wat nie wou betaal het nie. Ander sê weer sy het uitgevind dat haar groot liefde dood is en het na haar dood gespring. 

Hierdie geskiedkunde plekke is eg Suid-Afrikaans en beslis ’n moet om te besoek.

LEES OOK: Vrou vermis in Springs

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *