Moordenaar se hang-dood in Botswana uitgevoer

Daar is gemiddeld net een uitvoering van die doodstraf per jaar, alhoewel in Februarie 2020 twee mans vir moord opgehang is.

Moordenaar se hang-dood in Botswana uitgevoer

Moordenaar se hang-dood in Botswana uitgevoer

BOTSWANA. – Phemelo Botogeleng (34) is gisteroggend 11 Junie 2021 deur die Gaborone- sentrale gevangenis gehang nadat hy die doodstraf ontvang het.

Botogeleng is deur die Francistown-hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op sy meisie en hulle kind op 5 Mei 2011.

Hy is op 28 Julie 2020 die doodstraf opgelê. Hy het sedert die vonnisoplegging geappelleer, maar dit is deur die hof afgekeer.

LEES OOK: Ses tipes toksiese mense in jou lewe

Doodstraf nog wettig in Botswana

Doodstraf in Botswana word gewoonlik opgelê vir moord met verswarende omstandighede en word uitgevoer deur die veroordeelde te hang. Teen 2018 het meer as 40 Afrika-lande die doodstraf gestaak. Botswana is die enigste land van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat dit steeds toepas.

Daar is gemiddeld net een uitvoering van die doodstraf per jaar, alhoewel in Februarie 2020 twee mans vir moord opgehang is.

LEES OOK: Vrou vermis in Gauteng

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *