Vrou vermis in Gauteng

Odette van Staden, spesialis ondersoeker, is deur Mike Bolhuis aangestel om haar verdwyning te ondersoek.

Vrou vermis in Gauteng

Vrou vermis in Gauteng Foto: Verskaf

GAUTENG. – Kerry June Ross (35) word sedert 5 Junie 2021 in die Chartwell-omgewing vermis. Sy is laas by haar huis in Chartwell, Fourways gesien en niemand het intussen van haar gehoor nie.

Kerry is 1.6 m lank en skraal gebou. Sy het blonde hare en bruin oë. Sy het ook ’n tatoeërmerk op haar regterskouer, sowel as een van ’n palmboom op haar enkel.

LEES OOK: Verdagtes op vrye voet na moord op familie

Mike Bolhuis ondersoek

Odette van Staden, spesialis ondersoeker, is deur Mike Bolhuis aangestel om haar verdwyning te ondersoek.

Enigiemand met inligting oor waar Kerry haar bevind, kan vir Odette by 082 979 4493 skakel of die Douglasdale-polisie by 078 901 3031.

LEES OOK: Ses tipes toksiese mense in jou lewe

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *