Hoërskool DF Malan sê hy sal saamwerk met ondersoek

Die voorsitter van die beheerliggaam sê die skool verwelkom die ondersoek met die veronderstelling dat dit in die skool en die kinders se belang is

Hoërskool DF Malan sê hy sal saamwerk in ondersoek (Foto: TimesLIVE)

Hoërskool DF Malan sê hy sal saamwerk in ondersoek (Foto: TimesLIVE)

KAAPSTAD. – Die skoolhoof en beheerliggaam van Hoërskool DF Malan het in ‘n verklaring gesê die skool is jammer oor hoe die gebeure die afgelope week verloop het.

LGBTQI+-leerlinge het glo voor die begin van Pride-maand, ‘n maand waartydens die LGBTQI+-gemeenskap gevier word, gevra of dié leerlinge die maand by ‘n geleentheid by die skool mag vier.

Die hoof het besluit om die versoek van die hand te wys.

LGBTQI+-leerlinge het egter steeds tydens ‘n pouse by die skool vir dié byeenkoms bymekaargekom en ander leerlinge het hulle glo uitgejou en daar is argumente heen en weer gegooi.

Die beheerliggaam het kennis geneem van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se voorneme om die gebeure tydens ‘n Gay Pride-geleentheid op die skoolgrond te ondersoek, ” sê André Roux, voorsitter van die skool se beheerliggaam.

Hy sê die skool verwelkom die ondersoek met die veronderstelling dat dit in die skool en die kinders se belang is om nie net die gebeure deeglik te ondersoek nie, maar ook die skool te belp om ‘n herhaling van die ongelukkige gebeure in die toekoms te vermy.

Die skool het nog geen amptelike skrywe van die MRK ontvang nie, maar sê dat hy die kommissie en sy amptenare sy volle samewerking sal gee.

Lees die vorige berig hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *