Verdagtes op vrye voet na moord op familie

Al drie slagoffers tussen die ouderdom van 27 en 61 jaar oud is op die toneel dood verklaar.

Verdagtes op vrye voet na moord op familie

Verdagtes op vrye voet na moord op familie Foto: Shutterstock

OOS-KAAP. – ’n Familie van drie is Woensdagaand 9 Junie 2021 in Nkalweni, in Mqanduli, in hulle huis doodgeskiet. Twee verdagtes is nou op vrye voet nadat hulle van die toneel gevlug het.

LEES OOK: Ses tipes toksiese mense in jou lewe

Dring deur na binne

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê die ondersoek dui daarop aan dat die twee verdagtes by die familie se huis opgedaag het en aan die deur geklop het. Die familie was besig om te ontspan en toe die verdagtes agterkom dat die familie moeilikheid het om die deur oop te maak, het hulle na binne gedring.

“Die seun wat langs die deur was, is geskiet en die verdagtes het na die ma en tante gegaan en hulle ook geskiet.”

Al drie slagoffers oorlede

Al drie slagoffers tussen die ouderdom van 27 en 61 jaar oud is op die toneel dood verklaar.

Na die voorval het die verdagtes uit die dorp gevlug. Die omstandighede rondom die voorval word tans nog ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting rondom die voorval kan vir lt.-kol. Mshiyo by 071 475 2292 skakel.

LEES OOK: Vrou wat tien jaar in tronk vir aborsie deurgebring, vrygelaat

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *