Vrou wat tien jaar in tronk vir aborsie deurgebring, vrygelaat

As gevolg hiervan het sy drie dekades tronkstraf gekry weens die landswette.

Vrou wat tien jaar in tronk vir aborsie spandeer, vrygelaat

Vrou wat tien jaar in tronk vir aborsie spandeer, vrygelaat Foto: iHeartintelligence

EL SALVADOR – Daar is met Sara Rogel (destyds 20), met bloeding hospitaal toe gejaag toe sy agt maande swanger was. Sara het glo by haar huis geval, maar is later in hegtenis geneem na aanleiding van beskuldigings dat sy die baba probeer aborteer het.

Sara is van manslag aangekla. As gevolg hiervan het sy weens die landswette drie dekades tronkstraf gekry .

LEES OOK: Vrou met panga gedreig, beroof

Strengste aborsiewette

El Salvador het van die strengste aborsiewette ter wêreld en daar is nie eens uitsonderings wanneer die moeder se gesondheid in gevaar is of in die geval van verkragting nie.

Sodoende het Sara tien jaar gevangenisstraf uitgedien weens haar vermeende aborsie voordat sy op parool vrygelaat is nadat haar vonnis opgeskort is.

Onskuldig

Sara se prokureur het volgehou Sara het by haar huis geval terwyl sy wasgoed opgehang het. “Sy is onregverdig en onnodig vir 10 jaar lank in die tronk gegooi.”

LEES OOK: Oom slaan glo sewejarige nefie dood

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *