August 5, 2021

Ek verpes dit om nie te weet nie…

Jy ly aan angs.

Ek verpes dit om nie te weet nie

Ek verpes dit om nie te weet nie

Om nie alles te weet nie, kan ’n allemintige sneller vir angs wees. Dit kan daartoe lei dat jy ’n kommerwekkende uitkoms kry, wat gewoonlik daartoe lei dat jy die bekommernis uiteindelik in jou kop versterk totdat dit oorweldigend intens en eg voel.

LEES OOK: Veronique Adams steeds sedert Maart 1989 vermis

Stel nie belang in nuwe flieks of stories nie

Jy kyk dieselfde flieks en reekse oor en oor, jy lees dieselfde boek oor en oor. Jou vriende dink jy is vervelig. Die rede hiervoor is dat jy gerusgestel voel as jy weet hoe die stories gaan eindig, of jy verkies situasies waarin jy min of meer weet hoe dit gaan eindig. Jy ly aan angs.

“Stumbling on Happiness”

Prof. Daniel Gilbert het hierdie boek in 2006 geskryf. Hierin impliseer hy dat die menslike brein ’n afwagting-masjien is waarvan die belangrikste taak is om ’n toekoms te maak met behulp van inligting uit die verlede en die hede om jou voor te berei op die gewenste uitkoms. 

Algemene angsversteuring

GAD (Generalised Anxiety Disorder) soos dit klinies bekend staan, kom algemeen voor en omdat ons in ’n stresvolle tyd leef, besef mense nie altyd dat hulle hierdie steurnis het nie. 

Simptome om na op te let:

  • Jy voel altyd op jou senuwees.
  • Jy kan nie ophou bekommerd wees nie en jy kan ook nie jou bekommernisse beheer nie.
  • Jy sukkel om te ontspan
  • Jy kan nie stil sit nie.
  • Jy word maklik geïrriteerd en jy vererg jou maklik.
  • Jy het die heeltyd ’n hol kol op jou maag en wag vir iets slegs om te gebeur.

Probeer eerder die volgende doen:

  • Word kalm, vra jouself af: “Kan ek iets hieraan doen?” As jou antwoord nee is, los dit dan. 
  • Hou jou gedagtes besig met positiewe dinge.
  • Skryf al jou bekommernisse neer. Met hierdie aktiwiteit behoort jy self te sien dat 70% daarvan onnodig is.
  • Gaan kyk ’n nuwe fliek en dwing jouself om stil te sit, hou jou bewegende hande eerder besig met springmielies. 
  • Gaan koop ’n nuwe boek en lees dit dadelik.

Ons manifesteer ons eie bekommernisse deur alles te oordink. Lei jou aandag af met mooi en positiewe dinge.

LEES OOK: KwaZulu-Natal laerskoolleerder dood na TikTok-neiging

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *