August 5, 2021

Wat as berading nie werk nie?

Berading kan op verskeie vlakke plaasvind, deur verskeie persone. Nie noodwendig net opgeleide persone nie.

Wat as berading nie werk nie?

Wat as berading nie werk nie?

Het jy, of iemand wat jy ken, al ooit vir sielkundige hulp gegaan, net om nog meer moedeloos anderkant uit te kom?

Vir wie gee jy dan die skuld hoekom dit nie gewerk het nie?

LEES OOK: Twee operateurs van insleepdiens sterf in fratsongeluk

Wie en wat is ’n berader?

Berading kan op verskeie vlakke plaasvind, deur verskeie persone.  Nie noodwendig net opgeleide persone nie.

Jou beste vriend, ’n dominee, jou lewensmaat, ’n familielid en selfs ’n onderwyser kan as ’n berader dien.  ’n Berader is slegs ‘n persoon wat ‘n ander persoon help om ‘n probleem te verstaan, en dan te probeer oplos.

Redes hoekom berading misluk

Wanneer die sielkundige/berader self onopgeloste probleme het, kan hy of sy dalk hul gevoelens en menings op die pasiënt afdwing.

Die sielkundige/berader kan te emosioneel betrokke word by die pasiënt, wat ook veroorsaak dat hy of sy die pasiënt verkeerd diagnoseer.

Alhoewel bogenoemde alles goeie redes is hoekom berading kan misluk, is die grootste oorsaak van mislukking afkomstig van die pasiënt. In sommige gevalle wil pasiënte nie gehelp word nie, hulle doen slegs die berading vir die aandag wat hul ontvang.

Om iets aan jouself te verander, verg harde werk en hierdie werk is somtyds ook pynlik. Jy moet eerlik wees met jouself, dit erken en daagliks daaraan werk. Party pasiënte sien net doodeenvoudig nie kans vir hierdie proses nie, selfs al kan dit hulle hele lewe verander.

Die moeite werd

Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk en as jy self daagliks werk daaraan is dit onwaarskynlik dat iemand anders jou appelkar kan skud.  Niks wat die moeite werd is, was al ooit maklik nie.

LEES OOK: Vrou vermis in Gauteng

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *