Pa sterf na vyf dae se baklei in hospitaal

Hy was vanaf Donderdag heeltemal van masjiene afhanklik om te oorleef.

Pa sterf na vyf dae se baklei in hospitaal

Pa sterf na vyf dae se baklei in hospitaal Foto: Facebook

PRETORIA. – ‘n Pa, Lampies Robbertse (35), wat in ‘n ongeluk saam met sy swanger vrou en dogtertjie (2) was, het vanoggend gesterf.

“Rus sag my kind, jy het so dapper baklei. Ons gaan jou elke dag mis, maar AL breek ons harte, gun ons jou die rus. Ons belowe om na Riekie, Luzandra, Kayla en baba te kyk. Lief jou vir altyd en ewig,” skryf Charmain Robbertse op Facebook.

Die gesin was verlede naweek in ‘n ongeluk op die R101 op pad na ‘n roetine-sonar vir sy vrou, Riekie, betrokke. Lampies het die afgelope vyf dae in die hospitaal om sy lewe geveg.

Charmain sê Lampies het Donderdag begin verswak. Hy was vanaf Donderdag heeltemal van masjiene afhanklik om te oorleef. Dit was net sy hart wat reg funksioneer het.

Die dokters het hulle Donderdag reeds gebel en gesê hy is onstabiel. Die ventilators was opgedraai en sy ligaam het glad nie meer koolstofdioksied afgeskei nie.

“Die dokter het gesê Lampies was moeg baklei.”

LEES OOK: Pa baklei hard na ongeluk op pad na sonar-afspraak

LEES OOK: Rit na roetine-sonar eindig in tragiese ongeluk

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *