Shaleen Surtie-Richards: amptelike begrafnis goedgekeur

Deel hierdie storie / Share this story

Shaleen Surtie-Richards (66) se familie het bevestig die amptelike provinsiale begrafnis wat gevra is, is amptelik goedgekeur.

Surtie-Richards se liggaam is Maandag in ‘n gastehuis in Kaapstad gevind.

President Cyril Ramaphosa het die versoek dat Surtie-Richards op ‘n amptelike provinsiale begrafnis ter ruste gelê word, goedgekeur.

Die president het ook opdrag gegee dat die landsvlag Sondag halfstok in die Wes-Kaap hang.