Twee George-susters al twee weke vermis

Deel hierdie storie / Share this story

GEORGE. – Die twee susters, Marlyna Diedericks (11) en Chantelle Leonards (15), is op 28 Mei as vermis aangemeld.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer hulle is onlangs saam met ‘n familielid op Oudtshoorn gesien, maar in hierdie stadium is geen vaste adres bekend nie.

“Marlyna en Chantelle wat vermis word, word deur George se GSK-eenheid ondersoek. Ongelukkig kan ons nie die saak bespreek nie,” het Nana Rechner van Pink Ladies gesê.

Enigiemand met inligting rakende die twee meisies of waar hulle hul bevind, word versoek om E.L. Booysen van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe by 074 620 1433 of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.

LEES OOK: Alan Winde versoek staatsbegrafnis na Surtie-Richards se afsterwe

LEES OOK: VIDEO: familie en vriende kyk hoe Shaleen se liggaam uit gastehuis geneem word

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.