Tienling wel gebore, sê Gautengse departement

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Twyfel het by talle Suid-Afrikaners ontstaan toe die media berig het ‘n ma van hier het geboorte aan ‘n tienling geskenk. Bevestiging van die babas se geboorte is verkry nadat die regering ook intussen die familie probeer opspoor het om hulp aan hulle aan te bied.

Die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling het vanmiddag bevestig dat hulle weet waar Gosiame Thamara Sithole (37) en haar gesin hulle bevind. Feziwe Ndwayana, woordvoerder van die departement, sê hulle maatskaplike werkers sal die ma, wat steeds in die hospitaal is, môre besoek. Volgens Ndwayana mag die hospitaal se naam as gevolg van veiligheidsredes nie bekendgemaak word nie.

Verdere inligting oor die babas se gesondheid en foto’s is nog nie bekend nie.

LEES OOK: Suid-Afrikaners wil 10 babas sien voor hulle dit glo

LEES OOK: Vrou gee geboorte aan 10 babas, breek wêreldrekord

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.