OOS-KAAP. – Twee bejaardes, onderskeidelik 91 en 75 jaar, is op 6 Junie aangerand en verkrag. Die een kom van die aanval ontsnap terwyl die ander een dood gevind is.
Volgens berigte het die twee bejaardes geslaap toe twee onbekende verdagtes glo hul huis deur die venster binnegedring het. Na bewering het die verdagtes geld geëis en die vroue daarna verkrag.
Motief vir aanval op bejaardes onbekend
“Tydens die voorval het een van die slagoffers daarin geslaag om uit haar huis te ontsnap, terwyl die ander een in die huis agtergelaat is. Die polisie is na die toneel ontbied. Met die polisie se aankoms het hulle die 91-jarige buite die huis dood gevind,” sê brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder.
Niemand in hegtenis geneem nie
Dit is nie duidelik watter wapen vir die moord gebruik is nie. Sake van verkragting en een van moord is oopgemaak. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
“Enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van diegene wat verantwoordelik is vir die grusame moord en verkragtings, word versoek om kontak te maak met kapt. Pikashe by 0727319892 by die Tsomo-polisiekantoor of skakel die misdaadstopnommer 086 00 10 111.”
LEES OOK: Vrou gee geboorte aan 10 babas, breek wêreldrekord
LEES OOK: Rit na roetine-sonar eindig in tragiese ongeluk
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



