Katte begin vrou eet toe sy sterf

‘n Lykskouing sal die oorsaak van haar dood bepaal.

’n Bejaarde vrou (79) se liggaam is van haar middellyf af boontoe gevreet deur haar katte na sy alleen in haar woonstel in Madrid oorlede is.

’n Bejaarde vrou (79) se liggaam is van haar middellyf af boontoe gevreet deur haar katte na sy alleen in haar woonstel in Madrid oorlede is.

MADRID. – ’n Bejaarde vrou (79) se ontbinde liggaam is van haar middellyf af boontoe deur haar katte gevreet na sy alleen in haar woonstel in Madrid oorlede is.

Clara Inés Tobón, wat sedert 1996 alleen woon, se liggaam is verlede week deur Spaanse polisie gevind.

‘n Polisiebeampte het by haar woonstel gaan ondersoek instel ná die bure gesê het dat hulle Tobón vir ‘n maand nie gesien het nie en ook van ‘n onaangename reuk uit haar woonstel gekla het.

Die polisiebeampte het Tobón se ontbinde liggaam in die woonstel gevind en gevind haar katte het aan haar van haar middellyf af boontoe begin vreet.

“Dit was die ergste ding wat ek al ooit gesien het vandat ek begin werk het,” het die polisiebeampte aan die plaaslike koerant gesê.

Daar word vermoed dat Tobón vir minstens drie maande dood was voor sy gekry is.

‘n Lykskouing sal die oorsaak van haar dood bepaal.

Vyf van Tobón se katte het van die honger gevrek. Twee het nog gelewe, maar was in ‘n baie slegte toestand en is na ‘n plaaslike diereskuiling gestuur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *