FW de Klerk in hospitaal

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Die voormalige president, FW de Klerk (85), is in die hospitaal opgeneem nadat hy sy kankerstryd in Maart bekendgemaak het.

De Klerk ly aan mesothelioom, ‘n kanker wat die voering van die longe aantas. In Maart het die voormalige president ook gesê mense wat aan mesothelioom ly, het ‘n lewensverwagting van slegs 12 maande.

De Klerk se seun is ook verlede jaar as gevolg van kanker oorlede.

Die FW De Klerk-stigting het die nuus aan ENCA-nuus bevestig.

LEES OOK: Vrou gee geboorte aan 10 babas, breek wêreldrekord

LEES OOK: Rit na roetine-sonar eindig in tragiese ongeluk

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.