Gemsbokhoring deurboor beroepsjagter

Phasa sê Schoonwinkel se span het die nodige noodprotokolle gevolg voor hy met ’n Netcare 911-lugambulans na Pretoria geneem is.

Gemsbokhoring deurboor pa en jagter (Foto: Facebook)

Gemsbokhoring deurboor pa en jagter (Foto: Facebook)

LIMPOPO. – ’n Beroepsjagter van Limpopo is Sondag deur ’n gemsbokbul se horing deurboor toe hy op ’n plaas in die Thabazimbi-omgewing wild geskuif het.

Die 32-jarige Marco Schoonwinkel se beserings sal eers vasgestel kan word sodra hy nie meer verdoof is nie.

Schoonwinkel het sedert die ongeluk reeds twee noodoperasies ondergaan nadat hy met ‘n lugambulans na Pretoria geneem is.

Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa) het inligting oor die voorval bekend gemaak. Die horing het Schoonwinkel onder sy naeltjie deurboor en het dwarsdeur sy rugwerwels gegaan en een van sy hoofslagare geskeur.

Phasa sê Schoonwinkel se span het die nodige noodprotokolle gevolg voor hy met ’n Netcare 911-lugambulans na Pretoria geneem is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *