Rina Hugo uit hospitaal, in isolasie, Johan uit ICU

Rina Hugo uit hospitaal en in isolasie, man uit ICU

Rina Hugo uit hospitaal en in isolasie, man uit ICU Foto: Facebook

Rina Hugo en haar man, Johan, was albei in die hospitaal nadat hulle ‘n paar weke gelede positief vir Covid-19 getoets het.

Hugo vertel in ‘n video op haar Facebook-blad dat haar man, Johan, ‘n ruk gelede met sy rug probleme begin ervaar het. Die dokters kom toe agter hy moet ‘n rugoperasie ondergaan. Sy vertel en sê net voor hy die operasie moes ondergaan, het hy vreesik siek geword. Hy het toe positief vir die virus getoets.

“Ek het hom probeer vesorg by die huis en het dit vir min of meer ‘n week reggekry. Die Covid-19 het hom toe al hoe sieker begin maak en ek het ook intussen positief getoets.”

“Die Here se genade is groot.”

sê Rina Hugo

Sy sê Johan is toe hospitaal toe en in die ICU opgeneem. “Die groot probleem was sy longe en om dit sterker te kry. Hy is Saterdag uit ICU, maar hulle behandel hom steeds vir sy longe.”

Hugo sê sy self was in die hopsitaal omdat sy nie ordentlik kon asemhaal nie. Sy is tans nog in isolasie, maar dit gaan baie beter met haar.

“Die Here se genade is groot. Ek het dit weer so ervaar die laaste ruk.”

LEES OOK: Kyk! Vrou moeilik omdat sy nie Chicken Licken in McDonald’s mag eet nie

LEES OOK: Rudi wat eens nege borde buffalo wings eet, verloor 228 kg

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *