Floyd Mayweather veg teen YouTuber

“Ek wil hê dat niemand ooit weer vir my moet sê iets is onmoontlik nie.”

Floyd Mayweather veg teen YouTuber

Floyd Mayweather veg teen YouTuber Foto: foxnews.com

Floyd Mayweather, wat al die afgelope 30 jaar boks, het teen ‘n YouTuber, Logan Paul, in ‘n spesiale boksgeveg in die Hard Rock-stadion in Miami Gardens geboks.

Mayweather het wel aan die einde van die geveg gewen, maar Paul het al agt rondtes, sonder ‘n uitklophou van Mayweather, terugbaklei. Die boksers het gesamentlik net 71 houe geplant, met die meerderheid wat aan Mayweather behoort het.

“Ek wil hê dat niemand ooit weer vir my moet sê iets is onmoontlik nie. Die feit dat ek hier is, beteken dat daar ‘n kans is dat ek kan wen. Almal kan wen en groot dinge doen. Floyd Mayweather, dit was ‘n eer.”

Mayweather het aan die einde gesê dat hy die boksgeveg baie geniet het. “Mense moet onthou ek is nie meer vandag se kind nie.”

LEES OOK: Kyk! Vrou moeilik omdat sy nie Chicken Licken in McDonald’s mag eet nie

LEES OOK: Rudi wat eens nege borde buffalo wings eet, verloor 228 kg

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *