Bekende radio-omroeper van Kimberley sterf

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Radio Teemaneng Stereo (RTS FM 89.1) het vandag bekendgemaak die bekende omroeper, Garth Damerell, is oorlede.

Damerell het in 2002 as aanbieder by dié radiostasie aangesluit en is in 2004 tot die stasiebestuurder bevorder.

“Ons weet dat RTS FM en die gemeenskap van Frances Baard saam met talle ander mense regoor die land sal aansluit in die rou oor die verlies van hierdie inspirerende man,” sê die verklaring wat deur die radiostasie uitgereik is.

Damerell het in die provinsiale struktuur as die provinsiale voorsitter van die National Community Radio Forum (NCRF) en as lid van die nasionale raad (‘n lidmaatskapsorganisasie met meer as 150 gemeenskapsradiostasies in Suid-Afrika) namens RTS FM en die gemeenskap van Frances Baard gedien.

LEES OOK: VIDEO: taxi ry bo-oor seun en sy motorfiets

LEES OOK: Kyk! Vrou moeilik omdat sy nie Chicken Licken in McDonald’s mag eet nie

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.