Ma kry 20 biologiese babas in een jaar

“Ek is nie seker of ons die grootste gesin in die wêreld sal wees nie, maar ons beplan om beslis die gelukkigste gesin in die wêreld te wees.”

Ma kry 20 biologiese babas in een jaar

Ma kry 20 biologiese babas in een jaar Foto: The Sun

GORGIA. – Net meer as ’n jaar gelede was Kristina Ozturk (23) ’n ma van een. Maar nou maak sy 20 babas groot en almal is haar biologiese kinders.

Dit help seker dat haar man ’n miljoenêr sakeman is en sy 16 inslaap oppassers het wat dag en nag aan diens is.

LEES OOK: DNA sorg vir 10 jaar agter tralies vir verkragter

20 babas deur surrogaatskap

Kristina en haar man, Galip (57), het £138 000 aan surrogate oor die laaste jaar en twee maande betaal.

Kristina, wat oorspronklik van Rusland afkomstig is, het Galip ontmoet toe sy Batumi besoek het op haar eerste reis ooit na die buiteland.

Sy was al ma van Victoria, nou ses, en hulle het hul eerste baba in Maart verlede jaar via surrogaat, ’n seuntjie genaamd Mustafa, verwelkom.

Wil 100 kinders hê

Kristina het aan The Sun gesê sy sluit nie die moontlikheid van nog meer kinders uit nie. “Ek het altyd gesê ek wil 100 kinders hê. Ek en my man wil albei ’n groot, gelukkige familie hê.”

“Ek is nie seker of ons die grootste gesin in die wêreld sal wees nie, maar ons beplan om beslis die gelukkigste gesin in die wêreld te wees.”

“Ek is die hele tyd by die kinders en doen al die dinge wat ma’s normaalweg doen. Die enigste verskil is die hoeveelheid kinders.”

“Elke dag is anders, van die beplanning van personeelroosters tot inkopies vir my gesin. Ek kan jou een ding sê: my dae is nooit vervelig nie.”

LEES OOK: Sjokoladepiesang in ’n beker

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *