Fetus in kombers toegedraai gevind

Deel hierdie storie / Share this story

GQEBERHA (PORT ELIZABETH). – ‘n Fetus is vanoggend op ‘n stortingsterrein in Missionvale gevind.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer mense het die fetus omstreeks 09:00 in ‘n kombers toegedraai op die Missionvale Road-stortingsterrein gevind.

Algoapark-speurders sal ‘n saak van verberging van geboorte ondersoek. Enigiemand wat kan help met die opsporing van die moeder of inligting het wat die polisie kan help met hul ondersoek, word versoek om waarnemende offisier Errol Kleinhans by 082 302 6419 of die Algoapark-polisie by 041 401 1061 of Crime Stop 08600 10111 te kontak.

LEES OOK: Pa en seun doodgeskiet na ‘padwoede-voorval’

LEES OOK: WSU-student (23) val na sy dood

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.