LIMPOPO. – Die liggaam van ‘n man, wat eers as vermis aangemeld is, is gevind. Die familie vermoed dit was ‘n rituele moord.
Die gesin van ‘n 48-jarige man wat in Tshakhuma buite Thohoyandou in Limpopo dood aangetref is, sê hulle vermoed hy is vir rituele doeleindes vermoor. Sy liggaam is sonder hande en voete in ‘n veld gevind.
Familie vermoed dit was ‘n rituele moord
Pandelani Ndishavhelafhi is in April as vermis aangemeld en sy ontbindende oorskot is verlede week in die veld in Tshakhuma gevind.
“Dit was vir ons moeilik, want ons het lank na hom gesoek sonder enige sukses. Wat ons hartseer laat voel, is die toestand waarin ons sy liggaam ontdek het. Sonder hande en voete. Dit veroorsaak meer pyn vir ons. Ons vermoede is dat hy ritueel vermoor is. Nou gaan ons ‘n onvolledige liggaam begrawe,” het die slagoffer se suster aan SABC-nuus gesê.
LEES OOK: 11-jarige sien hoe kêrel sy ma doodsteek
LEES OOK: KYK: busdrywer dink vinnig en vermy botsing reg van voor
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



