Geliefde Staats-onderwyseres oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Peggy Cooke, ‘n geliefde onderwyseres van Laerskool Staats in Kimberley, is Saterdag 22 Mei oorlede.

Cooke, wat sedert 1984 deel was van Laerskool Staats se personeel, het diep in baie leerlinge se harte gekruip.

Laerskool Staats het die volgende boodskap op Facebook geskryf. “Juffrou Peggy was ‘n ikoon wat haar stempel op Staats afgedruk het. Sy, met haar groot en goeie hart, nie net vir haar familie nie, maar ook vir die wêreld daarbuite.”

Lees ook: Kby-gemeenskap in skok ná dood van geliefde onderwyseres

Die skool sê sy sal onthou word as iemand met lojaliteit, organisasievermoë, ‘n harde werker en ‘n uitstekende taalkenner.

Die skool skryf verder dat Peggy baie gewild was onder haar kollegas, ouers en leerlinge.

“Haar uit-die-keel-laggie sal altyd onthou word, en ook die feit dat sy ‘n terggees van die eerste water was. Juffrou Peggy was ‘n groot gees wat nie vervangbaar is nie.”

Cooke is na berig word oorlede ná sy Covid-19 opgedoen het.

Hou FiND iT dop vir meer hieroor.

Lees ook: Gr. 6-meisie vas ná sy drie by skool skiet