IDOHA. – ‘n Graad 6-leerling het ‘n vuurwapen by die skool gehad en twee leerlinge en ‘n opsigter geskiet voor haar onderwyseres die wapen by haar kon afvat.
ABC berig die polisie sê die meisie het Donderdagoggend die vuurwapen uit haar rugsak gehaal en verskeie skote in en om Rigby Middle School in Idaho afgevuur.
‘n Onderwyseres kon uiteindelik daarin slaag om die vuurwapen by die meisie af te neem en het haar by haar gehou tot die polisie opgedaag het.
Lees ook: Hof toe oor aborsie van Down-sindroom-babas
Twee ander leerlinge is volgens owerhede in hulle ledemate geskiet en is tans in die hospitaal. Een van die twee moet ‘n operasie ondergaan.
Michael Lemon, ‘n trauma- mediese direkteur by die Eastern Idaho Regional Centre, sê dit is ‘n wonderwerk dat hulle nie erger beseer is nie.
“Ons het nog nie baie detail oor hoekom dit gebeur het nie,” sê die owerhede. “Dit word nog ondersoek. Ons volg alle moontlike leidrade.”
Lucy Long, ‘n graad 6-leerling, het aan Post Register gesê haar klas moes in lockdown gaan na hulle geweerskote gehoor het. Hulle moes hulle rekenaars en die ligte afskakel en in ‘n ry teen die muur gaan staan.
Lees ook: Pa stuur glo boodskap: ‘Ek bring nie jou kind terug nie’
Lucy het glo ook haar selfoon uitgehaal om op te neem wat aan die gebeur is, sodat die polisie sou weet wat gebeur as die persoon met die vuurwapen die klas sou binnekom.
Volgens ABC bevat die opname meestal fluistergeluide en een sin wat duidelik is: “Dis regtig.”
Sy vertel ook dat sy bloed op die vloer in die gang gesien het toe die polisie hulle later uit die klaskamer kom haal het.
Skole in die gebied is tans gesluit om leerlinge kans te gee om tot verhaal te kom. – Reuters
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



