Prins Harry sê hy het baie gedrink, dwelms gebruik en angsaanvalle gekry as gevolg van die druk wat hy in die koninklike lewe ervaar het.
Harry het met die kletskoningin, Oprah Winfrey, gepraat in ‘n onderhoud vir hulle Apple TV+-dokumentêr wat handel oor geestesgesondheid.
Hy het in die program gepraat oor sy ma se dood en het gesê dat hy “so kwaad was oor wat met haar gebeur het”. Harry was 12 toe prinses Diana dood is. Hy sê baie min mense om hom het in die tyd ná sy ma se dood haar dood bespreek.
Lees ook: Harry en Meghan stel Netflix-reeks bekend
Harry het ook gesê dat hy as volwassene met angs- en paniekaanvalle sukkel.
Die prins sê hy het baie gedrink in die tyd wat hy so ongelukkig was. “Ek het seker in week se alkohol in een Vrydag- of Saterdagaand gedrink,” het hy vir Winfrey gesê. “En ek het agtergekom ek drink nie omdat ek dit geniet nie, maar omdat ek iets wil toesmeer of wegsteek.”
“Ek was bereid om te drink, ek was bereid om dwelms te gebruik. Ek was bereid om enigiets te doen wat dit minder laat voel het asof ek voel.”
Lees ook: Meghan en Harry se onderhoud met Oprah: Rassisme en selfmoordneigings
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



