Tienermeisie vermis

Deel hierdie storie / Share this story

KRUGERSDORP. – Cassie Guthrie (14) is sedert Donderdag 20 Mei 2021 vermis. Sy is op dié dag omstreeks 13:50 deur haar onderwyser by Laerskool Rapportryer se hek gesien.

LEES OOK: Ma gee seun (16) veiligeseks-pakkie vir verjaarsdag

Sy is glo ook tussen Randfontein en Krugersdorp gesien. Sy het ’n denim en ’n pienk T-hemp aangehad. Sy het ook haar skoolsak by haar gehad.

Enigiemand met inligting oor waar Cassie haar bevind, kan KC Predator Safety by 061 5259619 skakel.

Alternatiewelik kan jy vir Dawn by 074 712 5855 / Karel by 082 084 2127 skakel.