GAUTENG. – ‘n Beweerde poging tot ontvoering is op ‘n video, wat vanaf Woensdag oral op sosiale media te sien is, vasgevang. In die video word gesien hoe twee motors agter mekaar stop, mans uit die agterste motor ‘n vrou in die voorste motor begin slaan en in die kattebak inforseer.
The South African berig die slagoffer is kort ná middernag vanaf ‘n vulstasie gevolg. Daar kan dan gesien word hoe sy die voertuig in die Stoneridge Estate-omgewing tot stilstand bring, waarna ‘n motor agter haar stop.
Mans klim uit die agterste motor en begin dan aan die vrou se motordeur ruk. In die video kan gesien word hoe die vrou uit die motor gepluk word en in die kattebak inforseer word.
Sekuriteitswagte het hulle na die vrou se voertuig gehaas en tot haar redding gekom toe hulle sien wat aan die gebeur was. Dit is toe die verdagtes van die toneel gevlug het, berig The South African verder.
LEES OOK: Kim Croeser – Sy het heelaand daar gelê
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



