ELSIESRIVIER. – ‘n Groep jong mans het besluit om ‘n groentetuin vir die gemeenskap by Clarke Estate in Elsiesrivier te begin.
Die broers Geronimo en Valentino de Klerk en hulle neef, Matthew Dirksen, is deel van die nie-winsgewende organisasie Hope – God’s Gift for All.
SABC News berig die mans sê die projek help hulle om weg te bly van ‘n lewe vol misdaad en dwelms.
Die mans werk elke dag om die tuin in stand te hou en kweek groente om die gemeenskap wat honger is, kos te kan gee en om werklose jongmense oor tuinmaak te leer en hulle te leer hoe om vir hulleself en die gemeenskap groente te kweek. Die oes van die tuin word aan plaaslike sopkombuise en behoeftiges gegee.
Matthew Dirksen sê: “Die hele punt daarvan om in die tuin te werk, is om te voorsien aan die mense wat nie in hulle huise kos het nie en wat dit nodig het.”
“The vision is to feed the community and educate our unemployed youth about gardening and how to make food for themselves,” he says.The produce from the garden is sent to local soup kitchens and needy families.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



