SUID-AFRIKA. – Die departement van basiese onderwys het aangekondig alle kontaksport in skole word met onmiddellike effek verbied.
Die besluit volg nadat die departement vanoggend virtuele vergaderings hieroor gehad het. Sport, wat nie as ‘n kontaksport geïdentifiseer is nie, mag steeds voortgaan by skole, maar die nodige maatreëls móét gehoorsaam word.
Geen meer kontaksport na Covid-19-getalle styg
Op 12 Februarie 2021 is die besluit gemaak dat kontaksport by skole kan hervat. Sedert die laaste skoolkwartaal het Covid-19-gevalle in skole al hoe meer geword.
“Dit is duidelik dat ondanks die feit dat die maatreëls gevolg word soos aangedui deur die aanwysings oor buitemuurse aktiwiteite en standaardprosedures vir die voorkoming en bestuur van Covid-19 in skole, kontakgeleenthede steeds bydra tot die verspreiding van Covid-19,” lui die verklaring van die departement van basiese onderwys.
“Die departement sal voortgaan om die situasie te monitor.”

LEES OOK: Kim Croeser – Sy het heelaand daar gelê
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



