Jason Derulo se babaseuntjie gebore

Deel hierdie storie / Share this story

KALIFORNIë. – Jason Derulo (31), bekende sanger en liedjieskrywer, en sy meisie Jena Frumes, se babaseuntjie, Jason King Derulo, is gebore.

“Dis die gelukkigste dag van my lewe om ons babaseuntjie Jason King Derulo huis toe te bring. Hy is so gelukkig om so ‘n sterk omgee-mamma te hê,” het Jason onderaan ‘n Instagram-video van die paartjie en hul baba gesê.

Frumes het ook ‘n paar foto’s op Instagram gedeel en bygeskryf: “‘n Kykie na die afgelope week saam met ons gesonde klein baba King. Die lewe het nou soveel meer betekenis en ek is so dankbaar. Ek is so verlief op hierdie seuntjie en hy is alles wat ek nooit geweet het ek het nodig nie.”

https://www.instagram.com/p/CPCICTWFBei/?utm_medium=copy_link