Roudiens vir brig. Dick de Waal

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Brig. Dick de Waal, bekende en geliefde brigadier in die Noord-Kaap en hoof van Georganiseerde Misdaad in die Noord-Kaap, se roudiens sal Donderdag vanuit die NG Kerk Harmonie in Kekewichstraat gehou word.

Klik hier om na die diens te kyk. Die amptelike polisiebegrafnis sal na die kerkdiens plaasvind.

Streng Covid-19-protokolle sal gevolg word en weens hierdie maatreëls en regulasies kan slegs ‘n beperkte aantal mense by die diens toegelaat word. Brig. De Waal se familie moes ongelukkig ‘n lys opstel en slegs diegene wat op die lys is, kan die diens bywoon.

Indien jy enige navrae het, kan jy De Waal se familie kontak.

De Waal was bekend vir sy uitmuntende werk met die Griekwastad-moorde, die Pofadder-moord, sowel as vele ander sake.

Hier is ‘n afskrif van die diens:

Vir navrae oor stromingsdienste, kontak 076 163 3746 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].