ST. FRANCISBAAI. – ‘n Man en vrou is die naweek na bewering saam met ‘n huurder met ‘n geweer gedreig en met kabels tydens ‘n beweerde rooftog op ‘n kleinhoewe vasgebind.
“Die vrou het op 15 Mei omstreeks 20:30 ‘n kombuisdeur vir die honde oopgemaak toe sy glo twee mans met vuurwapens voor die deur sien staan. Een van die verdagtes het na bewering ‘n skoot in die lug geskiet,” volgens sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder.
Vier verdagtes nog vry na ‘rooftog’ op kleinhoewe
Daarna is sy terug in die huis gedwing, waar sy en haar man glo met ‘n geweer aangehou is. Die twee ander verdagtes het ‘n huurder van ‘n buitekothuis ingebring.
“Daar word beweer al drie die slagoffers is met wapens aangehou en ook met elektriese kabels vasgebind. Die verdagtes het glo juwele en selfone gesteel voordat hulle van die toneel gevlug het.
Later het die slagoffers daarin geslaag om hulself te bevry en die polisie te gekontak. Geen persoon is tydens die voorval beseer nie. In hierdie stadium is dit onbekend of ‘n wegryvoertuig gebruik is.
“Die polisie soek steeds na die vier verdagtes.”
LEES OOK: Gypsy Rose Blanchard-geval – ma sê glo dogter is ‘terminaal siek’
LEES OOK: Kim Croeser gevind
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



