Pompe ís weer aangeskakel, sê Sol-woordvoerder

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die departement van waterwerke het die tydelike herstelwerk in Kimberley voltooi en die pompe is weer aangeskakel.

So sê Thoko Riet, woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit. “Hulle is tans besig om die reservoir weer aan te skakel om watertoevoer in die dorp te verseker.”

Volgens Riet is dit belangrik om in ag te neem dat die herstelwerk slegs tydelik was om die ergste watervermorsing te voorkom en dat daar steeds water sal lek.

“Daar sal vooraf beplan word vir ‘n 48-uur-wateronderbreking sodra die Newton-reservoir volle kapasiteit bereik het. Baie dankie vir almal se samewerking.”

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.