Na Bill Gates en sy vrou hul egskeiding aangekondig het, wonder almal wie Bill Gates se huis, Xanadu 2.0, waarvan die waarde in 2009 reeds $200 miljoen was, gaan kry.
Property Invements berig Bill het die grond in 1988 vir $2 miljoen gekoop. Na sewe jaar se veranderinge aan die huis was die totale waarde van die eiendom (grond en huis) in 2005, volgens die openbare rekords van King County, $200 miljoen en die jaarlikse eiendomsbelasting $ 991,000.
Besoekers aan die luukse huis word ondervra en ‘n mikroskyfie by die ingang gegee. Hierdie klein skyfie stuur seine deur die hele huis en ‘n gegewe kamertemperatuur en ander toestande sal verander volgens voorafbepaalde gebruikersvoorkeure.
Die huis bestaan uit vier verdiepings, sewe slaapkamers en 25 badkamers. ‘n Groot deel van die huis is ondergronds in die heuwel ingebou, so die huis lyk dus kleiner as wat dit eintlik is.
LEES OOK: Gypsy Rose Blanchard-geval – ma sê glo dogter is ‘terminaal siek’
LEES OOK: Kim Croeser gevind
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.






