Polisiebeampte maak glo gevangene swanger

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-WES. – ‘n Polisiebeampte het na bewering ‘n gevangene, wat gewag het om in ‘n moordsaak te verskyn, swanger gemaak.

Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, sê die vrou is voor die hofverskyning vanaf die Rooigrond- korrektiewe sentrum na die aanhoudingselle op Stilfontein gebring. Die gevangene het in Maart agtergekom sy is swanger en het die voorval aan die polisie rapporteer.

Polisiebeampte nog nie geskors nie

”Die departement van korrektiewe dienste het gesê die beampte het nie die vrou na die stasie vervoer nie, maar hulle het daar ontmoet. Die vrou het die beampte uitgewys het as die een wat met haar omgang gehad het.”

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir korrektiewe dienste, sê die departement is bewus van die voorval en dit word volledig ondersoek. Daar sal binnekort ‘n verhoor gehou word, maar intussen is die betrokke beampte nog nie geskors nie.

LEES OOK: Nóg ‘n helikopter stort neer, een dood

LEES OOK: Vermiste vrou (29) se ma ‘siek van bekommernis’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.