Erektiele disfunksie newe-effek van Covid-19 bewys studie

Deel hierdie storie / Share this story

Wetenskaplikes het bevind Covid-19 kan op die langtermyn erektiele disfunksie by mans veroorsaak.

Volgens berigte is die nuwe studie die eerste wat toon dat die virus in die penis kan bly lank nadat mans van die siekte herstel het. Wetenskaplikes waarsku die koronavirus is ook in die testikels van besmette mans gevind en dit kan vrugbaarheid beïnvloed en selfs seksueel oordraagbaar wees.

Endoteeldisfunksie veroorsaak erektiele disfunksie

Die virus veroorsaak blykbaar endoteeldisfunksie wat die erektiele disfunksie veroorsaak. Endoteeldisfunksie is ‘n toestand waarin die klein bloedvate in die voering van ‘n orgaan nie na behore funksioneer nie, wat beteken dat die weefsels wat deur die vate voorsien word, beskadig kan word.

Ranjith Ramasamy, ‘n studie-outeur en medeprofessor en direkteur aan die Universiteit van Miami Miller School of Medicine, sê hierdie disfunksie kan by enige ander orgaan ook plaasvind.

“In ons loodsstudie het ons bevind dat mans wat voorheen nie oor erektiele disfunksie gekla het nie, erge erektiele disfunksie ontwikkel het na die aanvang van die Covid-19-infeksie.”

LEES OOK: Die lewe deur reisigers se oë: ‘Ons het onmiddellik in die pad geval’

LEES OOK: Boer Niel en sy Cheréze – liefde blom omtrent tussen dié twee

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.