Meer as 24 polisiebeamptes in drie maande vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD.- Bheki Cele, die minister van polisie, het bekend gemaak 24 polisiebeamptes is in die eerste drie maande van 2021 vermoor. Hy beskryf die moorde van hierdie beamptes as ‘n nasionale krisis.

Volgens IOL sê Cele dit is onhoudbaar en daar sal teen hierdie misdaadigers moet opgetree word. Uit die 24 polisiebeamptes wat vermoor is, was 11 van hulle aan diens.

“Vandag wil ek my toespraak begin met die beklemtoning van ‘n krisis wat aan die ontvou is. Dit bedreig die land se vrede en stabiliteit. Die dood van SAPD-lede aan die hand van gevoellose, hartelose, brutale misdadigers. In die eerste drie maande van hierdie jaar is 24 polisielede dood.”

“Elf van hulle is aan diens dood terwyl hulle ‘n misdaad voorkom, bestry of opgelos het. Sommige is aangeval of in ‘n lokval gelei terwyl hulle patrollies gedoen het en hul amptelike vuurwapens gesteel is,” het Cele gesê.

Foto: ENCA

Lees ook: Nooddienste regoor die land geteiken