Nooddienste regoor die land geteiken

Noodpersoneel regoor die land word beroof en hul voertuie beskadig wanneer hulle op noodgevalle reageer. Paramedici word beskryf as ‘maklike teikens’ na ’n vlaag gewelddadige aanvalle die afgelope paar weke.

Luidens ’n persverklaring vanaf Mike Bolhuis, privaat speurder, is pasiënte wat mediese hulp benodig, ook slagoffers en word hul grondwetlike reg ontneem om mediese behandeling te ontvang. “Sosio-ekonomiese faktore is gewoonlik die kern van hierdie misdade. Hoë werkloosheid en desperate persone moet iets doen om te oorleef. Die afhanklikheid van dwelmmiddels help hierdie misdade aan. Gewone kriminaliteit is ’n ander rede vir die voorkoms van hierdie misdade.”

Bolhuis stel voorkomingsmetodes voor

  • Polisievoertuie moet noodvoertuie vanaf 22:00 tot 06:00 begelei.
  • Noodpersoneel moet toegelaat word om vuurwapens te dra.
  • Owerhede moet met die gemeenskap saamwerk en erger boetes oplê vir hierdie soort kriminele aktiwiteite.
  • Lede van buurtwagte en lede van die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) moet hierby ingesluit word om eerste te reageer wanneer noodsaaklike mediese sorg benodig word, totdat die ambulanspersoneel die toneel kan bereik.
  • Alle paramedici moet toegang tot ’n paniekknoppie van binne hul voertuie hê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: