Moordenaar gee homself oor

Op 1 April 2011 is Chantelle Barnard koelbloedig gemartel, verkrag en vermoor. In 2013 het die verdagte moordenaar Jurgen Vanderkeere (40) spoorloos verdwyn terwyl hy op borgtog uit was.

Vanderkeere het homself gisteraand aan die polisie oorgegee. Hy is in hegtenis geneem vir die moord op Chantelle Barnard en verskyn vandag in die hooggeregshof. Top privaat speurders van Mike Bolhuis help die polisie met hierdie saak. Die omstandighede rondom die inhegtenisneming word nog bevestig en verdere inligting sal volg soos die saak vorder.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: