GAUTENG. – ‘n Brigadier en ‘n kaptein van Vereeniging word daarvan beskuldig dat hulle ‘n vrou wat ontvoer en na ‘n bordeel geneem is, verkrag het.
Die Valke sê die beamptes is glo deel van ‘n sindikaat in mensehandel. Die ondersoek is ingestel na hulle anonieme inligting ontvang het.
Brigadier en kaptein het glo vrou verkrag
Kapt. Ndivhuwo Mulamu, die Valke se woordvoerder, sê ’n jong vrou is ingebring na ‘n mislukte aborsie wat uitgevoer is deur ‘n dokter wat vermoedelik aan die bordeel gekoppel was. Die beamptes is in hegtenis geneem nadat die slagoffer, wat na ‘n veilige plek gebring is, die saak aangemeld het.
Volgens die Valke het die polisiebeamptes die vrou na bewering verkrag, hoewel hulle daarvan bewus was dat haar ma ‘n saak oor ‘n vermiste persoon geopen het.
Nog inhegtenisnemings volg
“Hulle het glo ook ondersoekers probeer mislei deur die slagoffer aan te beveel om ‘n fiktiewe saak teen ‘n familielid te open. Die twee het na bewering die bordeel besoek en selfs die slagoffer van die vermiste persoon se saak vertel.”
Die staat sal borgtog teëstaan uit vrees dat hooggeplaaste polisiebeamptes by die ondersoek sal inmeng.
Meer inhegtenisnemings kan gemaak word.
LEES OOK: Boer Niel en sy Cheréze – liefde blom omtrent tussen dié twee
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



