Poliandrie word gedefinieer as veelmannery, ‘n vorm van poligamie waarin ‘n vrou met meer as een man in ‘n huwelik verkeer. Terwyl poliginie ‘n vorm van poligamie is waarin ‘n man met meer as een vrou in die eg verbind is. Tans word ‘n huwelik tussen ‘n man en meer as een vrou in Suid-Afrika erken, maar die huwelik tussen ‘n vrou en meer mans nie.
Volgens CapeTalk het die departement van binnelandse sake onlangs in ‘n poging om gelykheid te bevorder ‘n belangrike beleidsdokument gepubliseer. Daarin word gevra dat poliandrie gewettig moet word. Die departement se groenskrif oor huwelike sê dat die huidige huwelikswetgewing diskriminerend is en nie gelykheid bevorder nie.
Poliandrie as huwelik bevorder gelykheid
Elizabeth Retief, ‘n lid van PolyamorySA, het die voorstel verwelkom. Sy beskryf dit as ‘n stap in die regte rigting en ‘n stap nader na die aanvaarding van nie-monogamie in Suid-Afrika.
Sy verduidelik egter dat die wette steeds gefokus is op poliandrie en poliginie, wat albei vorme van poligamiese huwelike is. “Dit is hoog tyd dat dit gebeur.”



