Skoonheid: Die beste naelvorm vir jou hande

Deesdae is daar baie keuses om te maak as jy gaan vir ’n manikuur, keuses tussen gel en akriel, glitter of plakkers, honderde verskillende kleure, lank of kort naels en nou ook die verskillende vorms van naels.

Deesdae is daar baie keuses om te maak as jy gaan vir ’n manikuur, keuses tussen gel en akriel, glitter of plakkers, honderde verskillende kleure, lank of kort naels en nou ook die verskillende vorms van naels.

Deesdae is daar baie keuses om te maak as jy gaan vir ’n manikuur, keuses tussen gel en akriel, glitter of plakkers, honderde verskillende kleure, lank of kort naels en nou ook die verskillende vorms van naels. Foto: Stayglam

Watter van die volgende naelvorme verkies jy of wil jy graag probeer? Wys vir ons jou foto’s.

Deesdae is daar baie keuses om te maak as jy ’n manikuur laat doen – keuses tussen gel en akriel, glitter of plakkers, honderde verskillende kleure, lank of kort naels en nou ook die verskillende vorms van naels.

Volgens Good housekeeping is dit belangrik om na verskillende faktore, soos die vorm van jou kutikula, te kyk as jy besluit op die vorm van jou naels.

Ronde naels

Hierdie vorm is gewild onder vrouens wat verkies om hul naels kort te hou en selfs vir naelbyters ook. Dit is ’n natuurlike vorm en hou die naels sterk. Dit voorkom skeure en die nael bly gesond. Dis die gewildste naelvorm.

Foto: Nail Design Journal

Vierkantige naels

Dié maklike, onnatuurlike naelvorm is perfek vir ’n vrou wat nie wil sukkel om haar naels te onderhou nie. Die naelvorm kan lank of kort gedra word. As jy kort, dikkerige vingers het, laat eerder die nael uitgroei. Kort en vierkantig kan jou vingers stomp laat lyk.

Foto: Cuded

Afgeronde vierkantige naels

Hierdie weergawe van vierkantige naels is gewild en universeel vleiend. Dit is ‘n bietjie sagter as die vierkantige naels, maar lyk steeds afgerond en is ‘n uitstekende voorbeeld van maklike, eenvoudige, elegante naelkuns.

Foto: allnailart.com

Ovaalvormige naels

Hierdie vorm is vir langer naels. Dit is n baie vroulike vorm en laat jou vingers slank lyk.

Foto: Top Fashion News

Squoval-vormige naels

Ja, dit is ‘n samestelling van die Engelse woorde square en oval. Dié vorm behou die lengte van die ovaal vorm en die hoeke van die vierkantige vorm. Die vorm gee jou naels ’n bietjie meer dimensie as net die ovaal of net die vierkantige naelvorm.

Foto: ArchZine

Kis- of ballerina-vormige naels

As jy natuurlike, stewige naels het en lus is vir iets anders, vra dan vir hierdie tapsvorm (tapered) met ‘n plat, afgewerkte punt. Jy kan hierdie vorm met ’n vals nael ook uittoets.

Foto: Top Trends Guide

Stiletto-vormige naels

Hierdie dramatiese naelvorm is vir die dame wat ’n stelling wil maak.  

Foto: NHQ london

Lipstiffievormige naels

Die ongewone naelvorm het ’n  dramatiese, hoekige vorm na die een kant. Dis vir spesiale geleenthede.

Foto: Pinterest

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: