Coca-Cola wil begin om hulle koeldrank in papierbottels te verpak in ’n poging om van plastiekafval ontslae te raak.
Die maatskappy se doel is om ‘n 100% herwinbare, plastiekvrye bottel te skep wat voorkom dat gas uit koolsuurhoudende drankies ontsnap. Volgens BBC-nuus is Coca-Cola verlede jaar deur die liefdadigheidsgroep Break Free From Plastic aangewys as die wêreld se grootste plastiekbesoedelaar, gevolg deur Pepsi en Nestlé.
Die prototipe word deur ’n Deense maatskappy vervaardig uit ’n ekstra sterk papierdop wat steeds ’n dun plastiekvoering bevat.
LEES OOK: Radio-omroeper van Lesedi FM uit ICU, besig om te herstel
Bolg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



