JOHANNESBURG. – Die liggaam van ’n sesjarige kind is Saterdag uit ’n grasgroen alggevulde swembad gehaal.
Volgens All4Women is duikers van die Ekurhuleni-watervleuel sowel as die Johannesburgse soek-en-reddingspan na die toneel ontbied nadat die sesjarige in die swembad geval het.
In foto’s wat op sosiale media gedeel is, kan gesien word hoe die duiker in die groen swembad staan. Die duiker moes, nadat die liggaam van die kind uit die water gehaal is, met water afgespoel word om al die groen alge van hom af te kry.

Lees meer artikels hier: Tiener in bosse gevind met hande vasgemaak



