Prins Harry se woordvoerder het op Valentynsdag aangekondig dat Meghan Markle swanger is met die paartjie se tweede kind.
Volgens All4Women is daar nog geen verdere inligting rakende die koms van die baba gegee nie.
’n Foto waar Meghan met haar kop op prins Harry se skoot lê op ’n grasperk is saam met die aankondiging gedeel. Meghan het ’n lang, vloeiende rok aan en haar hand is onder haar maag wat die bababoepie beklemtoon.
Missan Harriman, vriend van Markle, het die foto geneem en ’n plasing op Facebook gemaak. “Meg, ek was daar by jou troue om te sien hoe hierdie liefdesverhaal begin, en my vriendin, ek is geëerd om dit vas te vang. Baie geluk aan die hertog en hertogin van Sussex met hierdie vreugdevolle nuus.”

Lees meer artikels hier: Penis en testikels afgesny, verbrand en weggespoel



