Man en vyf maande oue baba doodgeskiet, polisievrou skiet haarself

’n Saak van moord geopen en ’n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

MPUMALANGA. – ’n Polisievrou (28) van Embalenhle het na bewering haar man en vyf maande oue baba doodgeskiet, waarna sy haarself geskiet het.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en sê die polisievrou is op die toneel dood verklaar. Die man en die baba is eers na ’n hospitaal geneem, maar het later aan hulle beserings beswyk.

’n Saak van moord is geopen en ’n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

LEES OOK: Coca-Cola wil koeldrank in papierbottels vervaardig

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: