80 migrante in ’n tenkwa aangehou, vervoer vir mensehandel
’n Groep migrante het 911 geskakel terwyl hulle in ’n tenkwa aangehou is.

Foto: CNN
AMERIKA. – ’n 911-oproep het gelei tot die aanhouding van een verdagte vir mensehandel. ’n Groep migrante het 911 geskakel terwyl hulle in ’n tenkwa aangehou is.
Volgens NBC News is die oproep reeds Maandag gemaak. ’n Grootskaalse soektog is geloods om die tenkwa en mense te vind. Die wa is op ’n sekuriteitskamera in die San Antonio-omgewing gesien.
’n Bron na aan NBC News sê die trok mag dalk gevind wees, maar met geen mense daarin nie.
In die baie benoude oproep aan 911 kan ’n mens hoor hoe ’n man in Spaans sê hy en 80 ander mense, waarvan sommige al dood is, is agter in ’n tenkwa vasgekeer. In die agtergrond kan jy hoor hoe mense gil om hulp en sê die suurstof is besig om op te raak.
Owerhede werk saam met met talle federale, staats- en plaaslike wetstoepassingsagentskappe om die voorval verder te ondersoek. “Ons sal voortgaan om die ernstige bedreiging van die openbare veiligheid wat menslike smokkelorganisasies inhou en hul roekelose miskenning van die gesondheid en veiligheid van die gesmokkelde mense aan te spreek.”
Owerhede is steeds besig met ’n soektog na die wit tenkwa.
Lees meer artikels hier:
Britse vrou gee voor sy het kanker, dobbel donasies weg en geniet vakansies