February 28, 2021

Wat is jou liefdestaal?

Nie almal kommunikeer liefde op dieselfde manier nie, en mense het ook verskillende maniere waarop hulle liefde ontvang.

Wat is jou liefdestaal? Foto: Scott Broome

Wat is jou liefdestaal? Foto: Scott Broome

Jy wys dalk gereeld jou liefde aan jou ander helfte, maar neem jy werklik die tyd om seker te maak dat jy dit kommunikeer soos jou maat dit wil ontvang?

Daar kan misverstande ontstaan as ‘n paartjie verskillende liefdestale praat.

Die vyf liefdestale is vyf verskillende maniere om liefde te wys en te ontvang: woorde van bevestiging, kwaliteittyd, ontvangs van geskenke, dade en fisieke aanraking.

Nie almal kommunikeer liefde op dieselfde manier nie, en mense het ook verskillende maniere waarop hulle liefde ontvang.

Die konsep van liefdestale is ontwikkel deur Gary Chapman, Ph.D., in sy boek The 5 Love Languages: The Secret to Love That Lasts, waar hy hierdie vyf unieke style van liefde beskryf.

1. Woorde van bevestiging

Mense wat woorde van bevestiging as ‘n liefdestaal het, heg waarde aan mondelinge erkenning van liefde, insluitende gereelde komplimente, waardering, verbale aanmoediging en dikwels gereelde digitale kommunikasie soos SMS-boodskappe en sosiale media.

2. Kwaliteittyd

Mense wie se liefdestaal kwaliteittyd is, voel die meeste waardeer as hulle maat tyd saam met hulle wil spandeer. Hulle is veral lief vir luister, oogkontak hou en ten volle teenwoordig te wees.

3. Dade

As jou liefdestaal dade is, waardeer jy dit as jou maat uit sy of haar pad gaan om jou lewe te vergemaklik. Dit is dinge soos om sop vir jou te bring as jy siek is, soggens vir jou koffie te maak of jou wasgoed vir jou op te tel as jy ‘n besige dag by die werk gehad het.

4. Ontvangs van geskenke

Geskenke is ‘n redelike eenvoudige liefdestaal: jy voel geliefd as mense jou visuele simbole van liefde gee. Dit gaan nie oor die geldwaarde nie, maar oor die simboliese gedagte agter die item.

5. Fisieke aanraking

Mense met fisieke aanraking as hulle liefdestaal, voel geliefd as hulle fisieke tekens van liefde ontvang, insluitend soen, hande vashou of op die bank te knuffel. Fisieke intimiteit en aanraking dien as ‘n kragtige emosionele skakel vir mense met hierdie liefdestaal.

So, wat is jou liefdestaal?

Bron: www.mindbodygreen.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: