’n 42-jarige Britse vrou het voorgegee dat sy aan kanker ly en het vir donasies gevra om vir haar kankerbehandeling te betaal.
Volgens All4women is die Britse vrou drie jaar tronkstraf vir bedrog opgelê.
Elkabbas het in 2017 ’n GoFundMe-bladsy “Nicole benodig ons hulp” op die been gebring. Haar ma het glo op die blad gesmeek vir geld om Nicole te help met behandeling vir ovariumkanker.
Op die blad is ’n foto van Nicole in die hospitaal met ’n beskrywing wat sê sy is ’n goeie en getroue ma.
Die fondsinsameling het meer as ’n miljoen rand se donasies vir Elkabbas getrek.
Sy het die geld op talle luukse vakansies en dobbel uitgegee.
Elkabbas het in die hof onskuldig gepleit en sê sy het rêrig geglo dat sy kanker het.
Lees meer artikels hier.



