February 26, 2021

Wenke om jou mooi bruin oë te laat uitstaan

As jy bruin oë het, is jy eintlik baie gelukkig omrede byna enige kleur by jou sal pas. Hier is ’n paar wenke vir grimering om jou bruin oë helderder te laat vertoon.

As jy bruin oë het, is jy eintlik baie gelukkig omdat byna enige kleur by jou sal pas. Hier is ’n paar wenke vir grimering om jou bruin oë helderder te laat vertoon.

Volgens Glamour kan jy enige skakering van pers om jou bruin oë gebruik. Die pers laat die bruin van jou oog se iris uitstaan. Die sagte kontras van pers maak ook die wit van jou oog helderder, wat jou oog groter laat vertoon. Dit sal keer dat jy nie moeg lyk nie.

Pers grimeering laat jou bruin oog uitstaan.
Foto: Stylecraze

Brons oogomlyner is ’n baie veelsydige kleur, maar is net meer sprankelend om ’n bruin oog. 

Brons oogomlyner sal jou bruin oë sagter laat voorkom, maar steeds ophelder.
Foto: Cosmopolitian

As jy liewer meer kleur wil hê, kan jy gerus ’n metaalgroen oogomlyner ook probeer. Dit sal weer ’n meer dramatiese voorkoms skep.

Metaalgroen gee jou bruin oog ‘n dramatiese voorkoms.
Foto: Stagram Pinterest

Oogskadu wat help om jou bruin oë helderder te maak, is ’n sagte brons met goue ondertone.

Foto: Skinny Ms

Verder sal enige ander warm roeskleure ook jou bruin oog helder laat vertoon.

Foto: Glamour

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: